Plek van die Leeu
Dokter & Dichter in Zuid Afrika
1992 - 1998
“This collection of poems has proven my conviction. It is not a collection of sceneries that belongs to the author’s past, but a collection of sceneries that has changed his life, his mind, his being! This collection of poems is the story of a soul, no not a story, a journey of a soul that continues walking towards a self that can never be reached because it is always new, as new as the people with whom he lives.”
Lino Di Mattia
Granci, Comune di Enna, Sicilia
August 18, 2024
Plek van die Leeu
Dokter & Dichter in Zuid Afrika
1992 - 1998
Collection of poems (Afrikaans) — 2025
Plek van die Leeu is a collection of 35 poems in Afrikaans. Some of the poems have an illustration.
On this website, you cand find a few poems.
From 1992 till 1998, I lived in South Africa. My work as a doctor in Taung, a rural place in South Africa, provided the inspiration for these poems.
Taung is a little village in the former homeland Bophuthatswana. Taung is a Tswana name and translates ‘Plek van die Leeu’ (‘Place of the Lion’).
The main themes of these poems are:
— the human condition (illness, suffering, but also resilience, joie de vivre …)
— landscape
— nostalgia
This Collection of poems will be published in 2025.
The collection is currently not available yet:
— Paperback book (A5): see …
— e-book: see
Voetnoten:
Lê: liggen.
Potjiekos: een potje eten, een maaltijd bereid in een gietijzeren pot, meestal bestaande uit vlees en groenten en langzaam gekookt op een open vuur in de openlucht.
Mielies: maïs.
Glad nie: helemaal niet.
Wonder: zich (verbaasd) afvragen, zich verwonderen over.
Deurentyd: voortdurend, altijd maar.
Brandewyn: brandy, een gedistilleerde drank die voortkomt uit wijn van hoge kwaliteit; de meeste brandy's kennen een alcoholpercentage van rond de 40%.
Sonskyn
Wat lag vroliker as die lippe en die mond
Dans sierliker as die bene van die swartes rond
Ontroer meer as die Bantoe se suiwer lied
Wat wegsing al die groot en klein verdriet
Lê die geluk in die kuns, in die idee
Om nie te wil kry nie, maar om te gee
Om die son te vang, om saam te eet — potjiekos
En die sorge van môre tog te los
Lê die vrede in die stryd om voortbestaan
In die geswoeg vir mielies en ‘n bietjie graan
In die drang om te oorleef, die wil om voort te gaan
In die glad nie wonder nie hoekom ons bestaan
Lê die rus nie in die sit onder ‘n boom nie
In die halfleë maag wat tog halfvol is nie
In die leë hande wat niks kan verloor nie
In die neerlê-kop wat glad niks verwag nie
Is dit miskien die warm son wat deurentyd skyn
Wat die siel vertroos soos ‘n sluk brandewyn
Voetnoten:
Afrikodite: neologisme, te interpreteren/vertalen met ‘Afrodite in Afrika’ of ‘Afrikaanse Afrodite’.
Afrodite: (Griekse mythologie) godin van liefde, schoonheid en vruchtbaarheid.
Kameelperde: giraffen.
Kraagmannetjie: leeuw.
Trop wildebeeste: kudde wildebeesten, gnoes.
Kappit eit: ‘kap dit uit’: carpe diem (Latijn): pluk de dag, het genieten van.
Paraffien: petroleum.
Vammelewe se dae: de dagen van mijn leven, de dagen van vroeger, vroeger.
Toor: toveren.
Afrikodite
Ek twyfel of Apollo op Olympus troon
Want waar tog kan ‘n goddelike digter beter woon
As in Afrika se hemelse plekke
As in die kameelperde hul sierlike nekke
As in die draf van ‘n ruiter op sy perd
As in ‘n kraagmannetjie se borselstert
As in ‘n trop wildebeeste se sandwolke
As in die kappit eit van landvolke
As in die stories rond die paraffien in die lamp
As in die ewige sonlig se waterdamp
As in die middel van horisonne wat vlug
As in die sug na vammelewe se dae — ek wil terug
Afrika, jy’s soos ‘n mooi vrou wat inspireer
Om verse te skryf se skone kuns te leer
Afrikodite sal ek jou noem, my muse so wys
Ek sien jou vlees-bruin heuwels hemel toe rys
Afrikodite, jy help my om te skryf, jy’s my vuur
Jy’s die bekoring se brand, dis jy wat stuur
Jy’s die sterk westerwind wat tog saggies fluister
Jy’s ‘n bruisende waterval — ek hoor én ek luister
Jy’s die dans se kadans wat poëtiseer
Jy’s die tam tam se tam tam wat verse skandeer
Jy’s al die voëls wat sing die dag uit die nag
Jy toor papier en ink tot ware kleureprag
Voetnoten:
Ly: lijden.
Black taxi: minibus taxi.
Lê: liggen.
Kakosmie: (medische term) slechte geur.
Seuns: jongens, knapen.
Wa: wagen, hier bedoeld als rolstoel.
Dora
Vir alle ongeneeslike siekes wat ly
Wil ek vertel van Dora wat op wieletjies ry
Sedert daardie dag — haar jong bene geknak
Soos ‘n blom se stingel — geknak in ‘n black taxi wrak
Sy lê en ry reeds jare in die hospitaal
Haar ma’s uit haar lewe’s uit haar bene gehaal
Sy kan nie leef met onmoontlike sorge nie
Van ‘n kind wat het geen toekoms nie, geen môre nie
Wat nie kan piepie nie, nie gaan kak nie, nie loop nie
Wat nie kan speel nie, nie dans nie en nie hoop nie
Kakosmie — kolostomie — inkontinensie —
Miserie is paraplegie se pretensie
En tog — die stingellose blom lag, leef en bloei
En daar is verliefde seuns wat om haar wa stoei
Meisies wat ure lank ‘r kroeshare tot vlegsels brei
En ‘n oog wat alles gesien het en trane kry
Vir alle ongeneeslike siekes wat ly
Kan Dora ‘n geskenk wees wat op wieletjies ry
Sy het nie skoene waarin haar moed kan sink nie
Miskien kan daarom niks so ‘n mens werklik vermink nie